Central SA
Noord-Kaapse departement gereed vir eksamen─── 11:40 Fri, 06 May 2022
Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys is meer as gereed vir die eksamen. Die Mei/Junie-eksamens vir 2022 - Senior Sertifikaat- en Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens - is geskeduleer om op 9 Mei 2022 te begin.
Volgens die Noord-Kaapse Departement van Onderwys, is 5 562 kandidate geregistreer as deeltydse kandidate vir die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen, en 3 149 is geregistreer vir die Senior Sertifikaat-eksamen.
“Die Departement het 101 skole geïdentifiseer wat as eksamensentrums gebruik sal word. Die merk van die vraestelle sal vanaf 2-12 Julie 2022 begin en die vrystelling van die resultate is geskeduleer vir 3 Augustus 2022.”
“Alle geregistreerde kandidate is in kennis gestel van die bepalings van hul registrasie en die afhaal van hul toelatingsbriewe. Kandidate word ook herinner om by alle Covid-19-protokolle te hou. Die departement wil sy waardering aan alle amptenare oordra en wens al die kandidate sterkte toe met hul eksamens,” dit is volgens die Noord-Kaapse onderwysdepartement.
OFM News/Heidré Malgas
