On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Agri Podcast: Boere in die Allanridge-omgewing ruk op

───   16:01 Tue, 10 May 2022

Agri Podcast: Boere in die Allanridge-omgewing ruk op  | News Article
PHOTO: PhotoXpress

Boere in die Allanridge-omgewing, in die Vrystaat, het vandag die S86-pad met bakkies en sleepwaens versper om hul misnoeë met die Departement van Paaie ten toon te stel weens dié departement se onvermoë om die R30-pad te herstel.

Vrystaat Landbou se Kommersiële bestuurder, Jack Armour, sê dat die R30-pad naby Allanridge, wat al as die ‘pad van die dood’ bekendstaan, al ‘n geruime tyd uiters gevaarlik is. Bogemiddelde reënval in Januarie en Februarie het die pad onbegaanbaar gemaak. Armour voeg by dat dit strooptyd is en dat daar trekkers en stropers op die pad beweeg. Hy verduidelik dat sekere motoriste baie onverskillig ry en dat hulle wil voorkom dat iemand seerkry. Rudi Jansen van Vuuren, ’n boer van die omgewing, sê die verkeer van die R30 word nou na die S86 gedwing en dit hou 'n gevaar in vir nie net die publiek nie, maar ook die boere en hul werkers.

Die Nasionale Landboudepartement se minister, Thoko Didiza, hou toesig oor die bekendstelling van die eerste elektroniese sertifiseringstelsels vir die uitvoer en invoer van landbouprodukte in die land. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê aan OFM-nuus dié stelsel maak voorsiening vir bedrogvrye invoer en uitvoer na lande soos Nederland, wat een van die hoofbestemmings vir die uitvoer van vrugte is. Ngcobo haal Didiza aan, waar sy sê hulle is verheug dat hierdie mylpaal binne 'n kort tydperk behaal is. Hy meen dit is te danke aan die bestaan van die stelsel in die landboubedryf, aangesien uitgebreide konsultasies met belanghebbendes plaasgevind het. Hy sê Suid-Afrika het die eerste Afrika-land geword wat aan die Europese Unie se wette rakende digitale handtekeninge voldoen, wat die weg baan vir die elektroniese versending van sertifikate via die internasionale plantbeskermingskonvensie. Hierdie is die departement se poging om deur die vierde industriële revolusie ’n volhoubare mark te ontwikkel, sê Ngcobo.

EN

Noordwes se Departement van Landbou sluit die reeks gesprekvoeringe met Noordwes-boere af. LUR Desbo Mohono het onlangs haar sessies met boere in die Bonjala-distrik afgesluit. Die departement se woordvoerder, Emelda Setlhako, sê die vergadering het moontlike metodes uiteengesit wat boere sal help om kommersiële status by verskeie befondsingsinstellings te bereik. Dit sluit in die regering, private sektor en nie-regeringsorganisasies, asook programme soos ILIMA, die Omvattende Landbou-ondersteuningsprogram (CASP), en om voorkeur aan jeug- en vroueboere te gee. Dit het daartoe gelei dat die hooffokus vir Mohono die ontwikkeling en verbetering van die landbou-ekonomiese stelsel was. Sy het ook op die waardeketting gefokus, en om werkloosheid en voedselonsekerheid te pak, en laastens die algehele uitset van produkte in die provinsie te verbeter.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.