On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

D-dag vir Vrystaatse Hospitaal taakspan

───   12:27 Fri, 13 May 2022

D-dag vir Vrystaatse Hospitaal taakspan | News Article

Die taakspan wat aangewys is om die bewerings oor die afgryslike toestand wat die Vrystaatse Psigiatriese Hospitaal in Bloemfontein is te ondersoek, moet Vrydag die verslag van hul bevindings stuur.

Dit moet aan die hoof van Departement van Gesondheid in die Vrystaat, Godrey Mahlatsi, geststuur. Dis volgens die woordvoeder vir die Departement van Gesondheid in die provinsie, Mondli Mvambi. 

OFM-nuus het vroeër berig dat die taakspan deur die Vrystaatse gesondheidsdepartement aangestel is om die bewerings oor die gebrek aan instandhouding te ondersoek.

Die taakspan is 'n week gegee om die resultate te lewer, met vandag as die sperdatum.

OFM-nuus het verder berig dat dié hospitaal oor verskeie boekjare opslae gemaak het om al die verkeerde redes en 'n in loko-ondersoek deur parlementslede laat ontstaan, wat die situasie by die Psigiatriese Kompleks as afgryslik beskryf het. 

Volgens Mvambi, sien die departement hierdie bewerings in 'n baie ernstige lig aangesien daar geen begrotingsbeperkings aan die begin van die boekjaar was nie.

OFM News/ Heidré Malgas



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.