Central SA
Vermiste tweeling in Noord-Kaap opgespoor─── 10:54 Sun, 15 May 2022

'n Vermiste kleuter tweeling is opgespoor.
Die polisie in die Noord-Kaap het bevestig die twee is 'n week nadat hulle as vermis aangemeld is in Galeshewe aan die buitewyk van Kimberley ongedeerd gekry.
Die polisie in die Noord-Kaap se Timothy Sam sê 'n vrou is na 'n intensiewe ondersoek wat geloods was, Saterdag in hegtenis geneem.
Sam sê aan OFM-nuus die verdagte - wat die biologiese ma van die tweeling is - het vroeër die kinders van die ouma in wie se sorg die kinders geplaas is gevat, en met die kinders verdwyn.
Sam het vroeër aan OFM-nuus gesê die verdagte is 'n geestesversteurde pasiënt en het die kinders verlede Vrydag (6 Mei) van hulle ouma geneem om haar pensioen toelaag te trek - en het nooit teruggekeer nie.
OFM-nuus / Roderick Titus