On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Protea-netbalster: Borskanker hoef nie doodsvonnis te wees nie

───   16:55 Wed, 18 May 2022

Protea-netbalster:  Borskanker hoef nie doodsvonnis te wees nie | News Article

“Borskanker hoef nie meer 'n doodsvonnis te wees nie,” sê Adele Niemand, voormalige lid van die Protea-netbalspan, wat verlede week 'n dubbele mastektomie ondergaan het.

Niemand is ses maande gelede met stadium 2-borskanker gediagnoseer, 'n maand voordat sy moes trou. Sy het nog altyd geglo dat 'n gesonde liggaam 'n gesonde gees huisves. Alhoewel sy onlangs ontdek het dat dit nie saak maak wat jy doen om so gesond as moontlik te wees nie, kanker diskrimineer nie, en dat dit partykeer net die kaarte is wat vir jou uitgedeel word.

“Ons was by ‘n toernooi toe ek die knop gevoel en het terug Kaap toe gegaan en werk gemaak daarvan om onmiddellik ‘n dokter te gaan sien.”

"Dis nie ‘n maklike besluit om beide jou borste te laat afsit nie maar die rede hoekom ek besluit het vir die mastektomie, is omdat die dokters ook aanbeveel het dat hierdie die beste pad is om te stap.”

Sy voeg by dat moeilik is om te aanvaar dat sy op 37 besluite moes neem wat sy nie noodwendig reg was om te neem nie, maar sy besef dat die opofferings wat sy nou maak tot langtermyn uitkomste sal lei.

Niemand het 10 jaar vir die Proteas gespeel en het haar netballoopbaan by Kovsies begin.

“My uiteindelike doelpunt is om so gou as moontlik weer aan die gang te kom. Ek beplan ‘n half-Ysterman aan die einde van die jaar.”

“Ek voel ons as vrouens praat nie genoeg met mekaar nie. Daar is nie iets minder of meer wat ons kan doen om dit te voorkom nie, maar ek dink wel mens moet nie die knop ignoreer nie. Hoe gouer mens mediese raad soek hoe beter is die uitkoms," sê Niemand.

Haar raad aan diegene wat deur dieselfde gaan, is dat dit belangrik is om dit een dag op ‘n slag te vat. Dis ook belangrik om om te gee vir jouself, party dae is beter as ander.

"Ek weet hierdie is nie vir ewig nie en ek is baie positief oor my uitkoms."

OFM Nuus/Heidre Malgas

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.