On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Twee bedrieg glo Sibanye van R800 000

───   06:36 Sat, 21 May 2022

Twee bedrieg glo Sibanye van R800 000 | News Article

Twee beskuldigdes het hierdie week in die hof verskyn nadat hulle van bedrog aangekla is waarby Sibanye-Stillwater in Theunissen glo meer as R800 000 verloor het.

Volgens polisiewoordvoerder Christopher Singo is George Janse Van Rensburg en Joseph Michael Kitching, onderskeidelik 60 en 55 jaar oud, Maandagoggend deur die Valke se ondersoekspan vir ernstige kommersiële misdaad in Welkom in hegtenis geneem.

“Hul arrestasie volg nadat Kitching en Van Rensburg glo tussen Januarie en September 2018 'n eis by Sibanye-Stillwater in Theunissen ingedien het vir arbeid wat hulle nie verrig het nie,” het Singo gesê.

“In hierdie tydperk het Kitching vir Sibanye-Stillwater gewerk, terwyl Van Rensburg vir Zorrex Mining gewerk het, wat gekontrakteer is om modderlaai by die myn te hanteer.”

Hy voeg by in plaas daarvan om een faktuur in te dien, het hulle glo nog 'n bedrieglike eis bygevoeg vir dienste wat reeds deur werknemers van Sibanye-Stillwater gedoen is.

Die saak is by die Valke se ondersoekspan vir ernstige kommersiële misdaad in Welkom aangemeld, wat ghelei het tot die inhegtenisneming van die twee beskuldigdes.

Hul saak is tot 9 Junie vanjaar uitgestel, en hulle is borgtog van R10 000 elk toegestaan.

OFM Nuus/Heidrè Malgas

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.