On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

“Kaptein, my Kaptein” vandag onthou

───   HEIDRÈ MALGAS 11:47 Wed, 01 Jun 2022

“Kaptein, my Kaptein” vandag onthou | News Article
IMAGE: OFM News / Heidrè Malgas

Dit is vandag 20 jaar sedert die heengaan van die legendariese Protea-krieketkaptein en oud-Bloemfonteiner, Hansie Cronje.

Hansie word deur sy broer Frans Cronje, wat ook ‘n krieketspeler was, beskryf as 'n ongelooflike leier en een van sy beste eienskappe is dat hy baie vir ander omgegee het.

“Dit is dalk een van die redes hoekom hy kaptein van sy skolekrieketspan by Grey College en later die kaptein van die Protea-krieketspan was. Dit was nie net omdat hy 'n goeie kaptein was nie, maar omdat hy mense geïnspireer het,” het Frans gesê.

Hy vertel verder aan OFM-nuus dat een van sy mooiste herinneringe van Hansie is uit hul kinder jare, toe hulle krieket, rugby, sokker en gholf in die tuin gespeel het.

Mense reg oor die wêreld het van Hansie geweet en Suid-Afrikaners het baie van hom gehou.

“Die 1e Junie 2002, sal ek in my lewe nooit vergeet nie. Toe ek uitvind het dat die vliegtuig vermis is, het ek deurgery van Kaapstad na George, en op pad soontoe het ek die nuus gekry dat hy oorlede is. Ek moes my familie bel om die nuus oor te dra,” het hy gesê.

“It was well with his soul”, het Frans gesê toe hy sy broer se liggaam moes uitken, en as hy enige iets vir sy broer vir die laaste keer kon sê, sou hy hom vertel hoedat hy 20 jaar later nogsteeds ‘n positiewe impak in baie mense se lewens het.

Frans het die eer gehad om 'n biografie te skryf en daarna die film "Hansie" te vervaardig, gebaseer op sy lewe.

“Ek wou graag die storie so akkuraat as moontlik vertel, die fliek was vir my ‘n moeilike een vir gewees, maar die boek was baie emosioneel omdat ons vir die eerste keer sy storie vertel het,” het hy gesê.

Die fliek was in baie lande uitgesaai en ook baie suksesvol, hy is trots dat hy sy broer se storie kon vertel.

Frans het gesê ter ere van sy lewe bied hulle 'n gholfdag aan, in samewerking met Nashua by Schoemanpark Golf Klub. Die gholfdag sal sy lewe en die impak wat hy in krieket gehad het, vier.

“Daar sal vriende, familie, voormalige krieketspelers, voormalige skoolspanmaats wees wat hierdie dag saam met ons sal vier,” het hy gesê.

Kaartjies vir die ete is steeds beskikbaar teen R200 per kaartjie en kan by Frans op 078 111 9736 bespreek word.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.