On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Michael
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfonteiner dood ure na botsing met trein

───   HEIDRÈ MALGAS 12:27 Thu, 02 Jun 2022

Bloemfonteiner dood ure na botsing met trein | News Article
PHOTO: Joseph Covane

‘n Saak van Strafbare manslag word ondersoek nadat 'n man dood is, ná 'n ongeluk Maandag waar ‘n trein met twee motors gebots het.

Volgens polisiewoordvoerder, Thabo Covane, kan hulle bevestig dat die 56-jarige bestuurder van die Jetta - Donald Molefi Mahabane - oorlede is nadat hy tydens die ongeluk beserings opgedoen het en na die hospitaal gehaas is.

LEES MEER: Roekelose bestuur ondersoek na treinbotsing

Covane het bevestig Mahabane is Maandagaand oorlede.

OFM Nuus het vroeër berig dat ‘n bestuurder en ‘n insittende van een van die voertuie Maandagoggend na veiligheid gespring het voordat die aankomende trein hulle kon tref.

Die Jetta het gepoog om die ander motor verby te steek, maar die trein het gevolglik beide motors getref - en ‘n ent gesleep.

‘n Saak van roekelose bestuur is vroeer die week by die Heidedal polisiestasie aanhangig gemaak, maar volgens Covane sal die klag van roekelose en nalatige bestuur nou na Strafbare manslag verander.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.