Central SA
Soektog na vermeende kabeldiewe geloods─── 13:18 Fri, 03 Jun 2022
Die Noord-Kaapse polisie in Postmasburg is warm op die spoor van twee mans nadat hul verdagte voertuig die polisie se aandag getrek het tydens roetine-patrollies.
SAPD woordvoerder Sergio Kok sê die bestuurder van 'n wit Volkswagen Polo, waarop intussen beslag gelê is, wou nie stop toe die polisie hom wou aftrek nie, wat gelei het tot 'n jaagtog in die rigting van die myndorp Kathu.
Die verdagtes het die voertuig verlate gelaat en die veld in gevlug.
Die polisie 242 kilogram se koperkabels ter waarde van 'n kwartmiljoen rand in die kattebak van die voertuig gevind. Die soektog na die bestuurder en een insittende duur voort. Intussen sê Kok dat kabeldiefstal 'n reuse negatiewe impak op basiese dienslewering het, en doen hy 'n beroep op die gemeenskappe se hulp om die verdagtes op te spoor.
Die voorval is die jongste in die Noord-Kaap nadat Kimberley vroeër vandeesweek in donker gehul was weens kabeldiefstal, wat die stad meer as ’n miljoen rand gekos het.
Kock sê die stryd teen kabeldiefstal gaan intussen onverpoosd voort, en sal slegs suksesvol wees as gemeenskappe saamstaan met wetstoepassingsowerhede.
OFM-nuus/Roderick Titus
