On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse man vas vir onwettige vuurwapens

───   13:37 Fri, 03 Jun 2022

Noord-Kaapse man vas vir onwettige vuurwapens | News Article

'n 46-jarige verdagte is vroeg vanoggend in Upington in hegtenis geneem.

Owerhede het op 'n wenk reageer rakende wapens wat in 'n winkel in die sentrale sakegebied gestoor word. 

Die perseel is deursoek en daar is beslag gelê op opnder meer haelgewere, jaggewere, asook 303-amunisie, handradios, eksterne hardeskywe en geheuestokkies, selfone en iPads  - alles ter waarde van R7 miljoen. 

Valke woordvoerder Katlego Mogale sê die hulp van die gemeenskap in die bekamping van misdaad en moontlike misdrywe is van kardinale belang, omdat dit vydrae tot 'n veilige gemeenskap. 

Die verdagte sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Hulle staar aanklagtes van die onwettige besit van vuurwapens en amunisie in die gesig.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.