Central SA
Mangaung forum teen #NationalShutdown─── HEIDRÈ MALGAS 07:21 Fri, 10 Jun 2022
Bewerings oor 'n sogenaamde National Shutdown wat glo vir Vrydag beplan is, doen sedert die begin van die maand die rondtes op sosiale media.
Die Mangaung Service Delivery Forum (MSDF) sê egter dat hulle nie betrokke is by die stilstand nie.
"Mangaung Diensleweringsforum is nie deel van so 'n shutdown nie," het die voorsitter van MSDF, Potso Motoko, gesê.
Hy het verder bygevoeg dat die taxi vereniging ook niks hiermee te doen wil wees nie en is teen die betogings.
“Daar sal wel kennigsgewing gegee word indien so iets plaasvind,” het Motoko gesê.
LEES MEER: SANTACO neem afstand van #NationalShutdown
AfriForum se Schalk de Beer sê dit blyk dat daar geen sentrale organisasie is wat die nasionale stilstand organiseer nie, maar daar is organisasies wat 'n stilstand van daardie aard sal ondersteun.
"Daar is 'n moontlikheid van kleiner betogings deur individue wat hul eie agenda's het of wat die momentum tot hul eie voordeel kan misbruik," het hy gesê.
Anton Botha van AfriForum in Bloemfontein het bevestig dat dit plaaslik ook tel.
OFM Nuus
