On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Prieska-man gevonnis vir aanranding, verkragting

───   HEIDRÈ MALGAS 09:30 Sat, 18 Jun 2022

Prieska-man gevonnis vir aanranding, verkragting  | News Article

'n Man van Prieska in die Noord-Kaap is tot 17 jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n 60-jarige vrou beroof en verkrag het.

Volgens polisiewoordvoerder, Sergio Kock, is Fabian Phooko onlangs in die plaaslike streekshof tot 17 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir verkragting, huisbraak en diefstal.

Kock sê in ‘n verklaring dat die misdaad op 20 September 2020 plaasgevind het en dat twee mans,  Alton Stuurman en Stephan Steenkamp, Phooko gehelp het om by die slagoffer se huis in Prieska in te breek. 

Hy sê die mans is 'n paar dae ná die insident in hegtenis geneem, en klagtes is intussen teen Stuurman en Steenkamp teruggetrek.

Kock sê Phooko het die 60-jarige slagoffer met ‘n hammer aangerand en waardevolle items gesteel. Hy was 39 jaar oud die tyd toe hy het die misdaad gepleeg het. 

Kock het bygevoeg dat Phooko ook onbevoeg verklaar is om 'n vuurwapen te besit.

Verder het die 60-jarige slagoffer goed herstel sedert die voorval en kon terugkeer na haar normale lewe, het Kock bygevoeg.

OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.