Central SA
Van Peaches tot #CurrieCupFinal─── MORGAN PIEK 10:55 Wed, 22 Jun 2022
Die opwinding loop hoog voor Saterdag se geskiedkundige Curriebeker-eindstryd tussen die Griekwas en Poemas in Kimberley.
Vir die Griekwa-slot, Derik Pretorius, sal die beslis ‘n groot dag wees. Die woelige-slot het op skool slegs vir Grey-kollege se 3de span, oftewel die ‘Peaches’, uitgedraf en ‘n klompie jare later is hy in ‘n eindstryd van die wêreld se oudste plaaslike rugbytoernooi.
Verlede jaar het Pretorius sy stem dik gemaak vir die Ixias in die Varsityebeker, onder die leiding van die Griekwa-breier Pieter Bergh. Hy het self ‘n paar keer vir die Cheetahs gespeel voordat hy ‘n vinnige draai in Rusland gemaak het.
Die vuurvreter-slot het aan OFM-nuus gesê hul spankultuur is hul grootste voordeel en 'n sterk punt.
Saterdag se groot eindstryd in die Diamantstad skop om 15:00 af.
