On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Klag van strafbare manslag ondersoek ná fietsongeluk

───   HEIDRÈ MALGAS 12:48 Wed, 22 Jun 2022

Klag van strafbare manslag ondersoek ná fietsongeluk | News Article

’n Saak van strafbare manslag is geopen teen die taxibestuurder wat vanoggend ’n fietsryer raakgery het.

Volgens die polisie se woordvoerder, Ibokeng Hlubi, was die fietsryer op pad werk toe toe die ongeluk plaasgevind het.

Volgens 'n ooggetuie was die oorledene sy kollega. Hy het gesê die minibus het 'n draai in die verkeerde baan gemaak, na aankomende verkeer, en ongelukkig die fietsryer gestamp.

Die saak is by Navalsig SAPD geopen vir verdere ondersoek.

OFM-nuus/Heidrè Malgas

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.