Central SA
ZF Mgcawu munisipaliteit stel nuwe burgemeester aan─── 06:35 Sun, 26 Jun 2022
Stanley Peterson, speaker van die ZF Mgcawu-streeksmunisipaliteit in die Noord-Kaap, het die aanstelling van Maryna Basson as uitvoerende burgemeester verwelkom.
Basson se aanstelling volg ná die bedanking van oudburgemeester Marius Louw, wat onlangs op aanklagte van bedrog en korrupsie in hegtenis geneem is.
Peterson sê die munisipaliteit streef daarna om die beste dienslewering aan die gemeenskap te lewer, en glo dat Basson se bydrae deurslaggewend sal wees as die eerste vrou wat een van die grootste munisipaliteite in Suid-Afrika lei.
Hy sê die teenwoordigheid van die Demokratiese Alliansie se Helen Zille tydens Basson se verkiesing dien as bewys dat dienslewering in die ZF Mgcawu-streek in 'n ernstige lig beskou word.
Peterson voeg by die gemeenskap moet saamstaan en die munisipaliteit verantwoordelik hou vir dienslewering.
OFM-nuus/Roderick Titus
