On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Verbly reëlings laat Noord-Kaapse ouers boos

───   06:44 Sun, 26 Jun 2022

Verbly reëlings laat Noord-Kaapse ouers boos | News Article

Ouers van leerders in die Springbok-omgewing is boos nadat hul kinders Donderdagaand glo in busse moes slaap, sonder kos, sakgeld of beddegoed.

Die 160 leerders het Donderdag uit Springbok na Kimberley vetrek om deel te neem aan verskeie wintersporte insluitend sokker, netbal, jukskei en tennis.

Met die drie busse se aankoms Vrydagaand in Kimberley moes hulle verneem dat daar geen akkommodasie vir hulle gereël is nie.

Die geleentheid word aangebied deur die Noord-Kaapse Department van Sport, Kuns en Kultuur.

Die provinsie se Direkteur vir sport en ontspanning, Elizabeth Manong, het intussen ‘n verskoning aan onderwysers, ouers, en leerders uitgereik

Volgens Vusi Raphoto, die streekvoorsitter van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) in Kimberley, het hy die busse Vrydag by ‘n plaaslike motel gesien en besluit om te help waar hy kon.

Die leerders is intussen Vrydagaand in verskeie gastehuise en by die Sol Plaatje unversiteit geplaas.

‘n Ouer,  Jualiza, van Wyk, was hoogs ontsteld toe sy OFM-nuus vertel het van hulle nagmerrie.

Sy voel dat daar teen die amptenare van die Department van Sport, Kuns en Kultuur opgetree moet word.

Die spele het gisteroggend begin.

Verdere reëlings met betrekking tot akkommodasie sal waarskynlik vandag getref word.

OFM-nuus/Isaac Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.