On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Central SA

Toets teen Wallis het groot impak op Bloemfonteinse gastehuise

───   HEIDRÈ MALGAS 15:07 Thu, 30 Jun 2022

Toets teen Wallis het groot impak op Bloemfonteinse gastehuise | News Article
FOTO: Bloemfontein Courant

Gastehuise in Bloemfontein is gretig om opgewonde Springbok-aanhangers volgende naweek by hul gastehuise te huisves.

OFM-nuus het met verskeie gastehuise en hotelle in die omgewing gesels en almal is volbespreek vir volgende week se groot wedstryd tussen die Springbokke en Wallis.

Pieter van der Walt van Bon Hotel vertel dat die rugbywedstryd baie goeie besigheid inbring vir die hele Bloemfontein. Hy sê dit kan miljoene inbring wat baie goed is vir die ekonomie.

“Ek is bly dat ons ‘n volkapasiteit-stadion kan hê, en die 24 000 mense wat Bloemfontein toe kom, maak ‘n groot impak, al besef ons dit soms nie,” het hy gesê.

Hy voeg by dat die bedryf baie seer gekry het tydens Covid-inperkings en dat hulle só 'n geleentheid nodig het.

Lala Dene Lodge is reeds vir meer as 'n maand volbespreek, volgens Violet Dibe.

De Akker Gastehuis is ook vol bespreek en hulle vertel dat hulle daarvan sal hou as die Springbokke meer gereeld in Bloemfontein kan speel, aangesien dit baie goed is vir besigheid.

Die meeste van hierdie gastehuise is sedert einde Maart uitgeboek in afwagting op die groot internasionale rugbystryd.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.