On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Vrou se deursettingsvermoë motiveer man wat breindood verklaar is

───   HEIDRÈ MALGAS 11:00 Fri, 01 Jul 2022

Vrou se deursettingsvermoë motiveer man wat breindood verklaar is | News Article

Vier jaar nadat Albert Janse van Vuuren van Kuruman ernstige breinskade opgedoen het ná ‘n motorfietsongeluk, is hy onafhanklik, ondanks dokters wat hom breindood verklaar het.

Sy vrou, Angelique Janse van Rooyen, vertel nadat die ambulans hom hospitaal toe geneem het, het die dokters hom breindood verklaar. “Iets het vir my gesê, nee, hy is nie dood nie, daar is nie ‘n manier dat hy breindood is nie want hy beweeg nog,” het sy gesê.

Volgens Angelique het al die dokters wat hom behandel het, gesê hy sal nooit die breinskade oorleef nie, maar hy het.

Sy voeg by dat Albert vir ‘n maand en ‘n half in ICU was en toe hy uit die hospitaal kom het sy na hom gekyk en nie opgegee nie.

“Hy het ‘n week ná die ongeluk vreeslike breinswelling opgedoen. Die dokters was oortuig dat hy dit nie sou oorleef nie,” het sy gesê.

“Met hierdie ongeluk en alles wat gebeur het, het ek geweet dis nie die einde nie, dit gaan nie maklik wees nie maar hy gaan lewe en ‘n pa wees vir sy kind.”

Sy het nie vir een oomblik opgegee nie en alhoewel al die dokters gesê het hy  sal nooit weer beweeg nie, het Albert al die dokters verkeerd bewys.

”Vandag, vier jaar later, sit Albert regop en beweeg hy self in die huis rond met sy rolstoel. Hy loop kort afstande, gesels en speel met ons seuntjie wat vier is. Hy eet self en gaan self badkamer toe. Hy kan alles self doen. Alles te danke aan deursettingsvermoe, krag, liefde en vertroue in God.”

OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.