Central SA
Bokke verwag uitverkoopte Toets in Bloemfontein─── MORGAN PIEK 10:52 Tue, 05 Jul 2022
The tweede Toets tussen die Springbokke en Wallis, wat vandeesweek in Bloemfontein gaan plaasvind, sal na verwagting voor ‘n uitverkoopte stadion gespeel word.
Die Springbokke is vir die eerste keer in vier jaar weer in die stad nadat hulle in 2018 vir Engeland met 23-12 getroef het.
Dit sal ook die eerste keer wees dat die Bokke as die huidige wêreldkampioene in Bloemfontein sal speel.
Die Springbokke se hulpafrigter, Deon Davids, meen dat verlede week se uitverkoopte Loftus Versfeld vir die eerste Toets iets besonders was.
Saterdag se Toets in die Toyota-stadion skop om 17:05 af en daar is nog beperkte kaartjies beskikbaar by Ticketpro.
OFM News/Morgan Piek
