On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vyftien beseer in onwettige straatren

───   HEIDRÈ MALGAS 11:19 Mon, 11 Jul 2022

Vyftien beseer in onwettige straatren | News Article
PHOTO: Facebook

Vyftien mense is Sondagmiddag in Rustenburg in die Noordwes volgens ER24 in 'n beweerde onwettige sleepren of straatren (drag race) beseer.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê twee voertuie het na bewering teen mekaar resies gejaag, in 'n derde voertuig vasgery en daarna in 'n skare toeskouers ingejaag. Die nooddienste het glo 15 beseerdes behandel. 

"By nadere ondersoek het mediese nooddienspersoneel talle pasiënte gekry wat langs die sypaadjie gelê het. Hulle is geassesseer en verskeie mense het beserings opgedoen, wat wissel van gering tot kritiek," het Meiring gesê.

Meiring het bygevoeg dat die pasiënte behandel is en van gevorderde lewensondersteuning voorsien is voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is.

Brigadier Sabata Mokgwabane het die voorval bevestig en bygevoeg dat geen sterftes in dié stadium aangemeld is nie. 'n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.