On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Talle sterk aan nadat Noordwes-ongeluk lewe eis, 38 beseer

───   HEIDRÈ MALGAS 11:18 Wed, 13 Jul 2022

Talle sterk aan nadat Noordwes-ongeluk lewe eis, 38 beseer | News Article

Verskeie beseerdes sterk steeds in die hospitaal aan ná 'n ongeluk wat 'n lewe geëis het en 38 mense/werkers beseer het toe 'n vragmotor en 'n sleepwa op die N12 buite Wolmaransstad in die Noordwes omgeslaan het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is daar steeds verskeie pasiënte in die hospitaal en is geen verdere sterftes aangemeld nie.

"Die pasiënte was agterop die vragmotor en sleepwa en het langs die pad versprei gelê nadat die vragmotor en sleepwa op sy sy gevind is," het hy gesê.

Hy het verder bygevoeg dat medici die pasiënte geassesseer het en gevind het dat een persoon noodlottige beserings opgedoen het. Niks kon vir die pasiënt gedoen word nie en die persoon is dood verklaar.

“Die 38 mense is gevind met beserings wat wissel van geringe tot kritieke beserings. Die pasiënte is behandel voordat hulle na verskeie hospitale vervoer is vir behandeling,” het Meiring gesê.

Die presiese oorsaak van hierdie ongeluk is in hierdie stadium nog onbekend, maar plaaslike owerhede het die toneel gefynkam vir verdere ondersoeke.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.