On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Brand buite Bloemfontein eers ure later geblus - FOTO's

───   HEIDRÈ MALGAS 15:33 Thu, 14 Jul 2022

Brand buite Bloemfontein eers ure later geblus - FOTO's | News Article
PHOTO: Morgan Piek

Die brand by die X-faktor-renbaanpark in Schoemanpark, Bloemfontein, waarvan die rookwolke kilometers ver deur bekommerde inwoners gesien kon word, is eers later die aand finaal geblus.

Volgens die algemene bestuurder by die Mangaung Metro: Nooddienste, Chris Lamprecht, is die brand gisteraand om 22:15 finaal geblus nadat dit gister net ná 15:00 aangemeld is.

“Die oorsaak van die brand is onbekend, maar die bande is waarskynlik deur ‘n [weghol]veldbrand aan die brand gesteek. Die veldbrand se oorsaak is ook onbekend, maar dit is heel waarskynlik opsetlik gestig,” het Lamprecht gesê.

Hy het bygevoeg dat na hul beste wete en kennis daar geen beserings aangemeld is nie. Die omvang van die skade wat aan die X-faktor-renbaanpark aangerig is, is in hierdie stadium ook onbekend. “Die bande wat wel betrokke was, was afvalmateriaal en het nie ‘n groot ekonomiese waarde gehad nie,” het hy gesê.

Omdat die Bloemfontein DBV naby aan dié gebied geleë is, het OFM-nuus ook met Reinette Meyer van die Bloemfonteinse DBV gepraat. Sy het bevestig dat al die diere ná die brand en dik rook veilig was, en dat hulle gelukkig niks oorgekom het nie.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.