On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Central SA

#NuusPasIn: Sewe mense op plaas buite Kestell vermoor

───   ELSABÉ RICHARD 15:26 Fri, 15 Jul 2022

#NuusPasIn: Sewe mense op plaas buite Kestell vermoor | News Article

Die liggame van ses vermoorde vroue en 'n jong man is vandag op 'n plaas buite Kestell in die Vrystaat gevind.

Volgens polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, word daar beweer dat die plaaseienaar op die liggame van die plaaswerkers in hul huis afgekom het. Makhele voeg by dat die slagoffers na bewering wreed deur 'n onbekende verdagte of verdagtes doodgeskiet is.

Die motief agter die moorde is nog nie bekend nie. ’n Saak van moord word ondersoek.

Enigiemand met inligting oor die moorde word versoek om die polisie te kontak.

Makhele sê verder in 'n verklaring dat die provinsiale polisiekommissaris, Baile Motswenyane, opdrag gegee het dat alle relevante rolspelers gemobiliseer word om te verseker dat die oortreders in hegtenis geneem word.

Die name van die oorledenes en hul ouderdomme is nog nie bekendgemaak nie aangesien hul naasbestaandes hulle nog moet identifiseer.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.