Central SA
Stem vir Kroonstad as 'Dorp van die Jaar'─── 12:51 Sun, 17 Jul 2022
Kroonstad, die derde grootste dorp in die Vrystaat , ook bekend is as die middelpunt van 'n ryk landboudistrik, staan dalk die kans om die kroon in Kroonstad terug te sit.
Dit kom nadat die dorp een van die finaliste van Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie is.
Pieter van Rensburg, een van die lede van Ignite and Revive - 'n klein groepie wat bestaan uit sakemanne wat besluit het om hierdie pragtige dorp op te knap - het aan OFM-nuus gesê dat die gemeenskap, plaaslike sakeondernemings, die provinsiale regering en munisipaliteit besluit het om die dorp op te knap.
“Dit was nooit ons plan om as 'Dorp van die Jaar' aangewys te word nie,” voeg hy by.
“Die benoeming en plasing as finaliste vir die kompetisie het dus as 'n bonus gekom. Nou wil ons die titel as 'Dorp van die Jaar' hê,” het hy gesê.
Kwêla se Dorp van die jaar-titel word toegeken aan die dorp wat die meeste SMS-stemme tydens die laaste stemweek van die kompetisie ontvang.
Diegene wat wil stem, kan dit doen deur 'n SMS te stuur met die woord "Kroonstad" na 33157.
Die stemlyne is vandag om 19:00 oop en sluit op 22 Julie 2022 om 12:00.
