Central SA
Gedenkdiens vir wyle Judy Vorster gehou─── MORGAN PIEK 10:12 Wed, 20 Jul 2022
‘n Gedenkdiens sal Vrydagoggend in Bloemfontein vir die wyle Judy Vorster gehou word.
Vorster is Dinsdag in die vroeë oggendure in die ouderdom van 48 jaar oorlede aan ‘n hartaanval.
Vorster het vir ‘n 11 jaar by die Vrystaatse Krieketunie gewerk waar sy diep spore gelaat het. Sy het veral vroue-krieket in die provinsie bevorder.
Haar grootste nalatenskap is die stigting van die Vrystaatse Krieketakademie vir jong dames en vroue.
Die gedenkdiens sal by die NG Kerk, Wilgehof-gemeente, plaasvind en begin om 11:00.
Vorster word oorleef deur haar man, Vossie, en twee kinders, RG en Jodan.
