On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Beseerde flamink ná behandeling weer vrygelaat

───   11:38 Thu, 21 Jul 2022

Beseerde flamink ná behandeling weer vrygelaat | News Article
PHOTO: OFM News

Die betrokkenheid van Ester van der Westhuizen-Coetzer, 'n omgewingspesialis van die Ekapa-mynmaatskappy, het daartoe gelei dat 'n beseerde flamink behandel en in 'n vol Kamfersdam buite Kimberley vrygelaat kon word.

Die voël is uit 'n doringboom gered nadat dit vasgehaak het.

Dit is deur veearts Donovan Smith behandel.

Van der Westhuizen-Coetzer sê die voël het na alle waarskynlikheid probeer land toe dit in die moeilikheid beland en sy ligamente en spiere beseer het.

Ná die behandeling was die voël egter terug na sy ou self.

Voëlentoesiaste van die Verenigde State van Amerika het die beseerde flamink opgemerk op 'n kamera wat in Oktober verlede jaar by die dam geplaas is, en Van der Westhuizen-Coetzer daarvan ingelig.

Die Kamfersdam buite Kimberley is tans vol ná die reënseisoen, waar meer as 600 millimeter reën in Kimberley geval het.

Birdlife en Ekapa doen ook navorsing oor die dam om vas te stel watter invloed chemiese elemente in die water asook algegroei en diepte op die flaminkbevolking het.

OFM News/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.