On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

SAPD-klerk in Bloemfontein weens diefstal, geldwassery gevonnis

───   HEIDRÈ MALGAS 12:25 Mon, 25 Jul 2022

SAPD-klerk in Bloemfontein weens diefstal, geldwassery gevonnis  | News Article
PHOTO: SAPS/Twitter

’n Voormalige SAPD-lid, Mpho Godfrey Selesho, is skuldig bevind en gevonnis nadat hy in die hof verskyn het vir diefstal van staatsgeld ter waarde van R2 miljoen.

Volgens Christopher Singo, woordvoerder vir die Valke, het Selesho op 21 Julie 2022 voor die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn.

Hy het bygevoeg dat Selesho vir die finansiële afdeling in die SAPD se provinsiale hoofkantoor in Bloemfontein gewerk het, waar hy van 2014 tot 2016 staatsgeld gesteel het.

“Die hof het Selesho tot agt jaar direkte gevangenisstraf gevonnis op 'n aanklag van bedrog, waarvan ses jaar opgeskort word vir 'n tydperk van vyf jaar, op voorwaarde dat hy nie aan dieselfde oortreding skuldig bevind word gedurende die tydperk van skorsing nie,” het Singo gesê.

Hy het bygevoeg dat die beskuldigde ook beveel is om die bedrag van R2,4 miljoen aan die staat terug te betaal, waarvan R500 000 terugbetaal moet word op die dag van vonnisoplegging. Die oorblywende bedrag moet van 1 Augustus 2022 af in maandelikse paaiemente van R53 000 terugbetaal word.

Die beskuldigde het verder agt jaar opgeskorte vonnis vir geldwassery ontvang.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.