On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Motoriste gewaarsku om Hertzogville-pad te vermy

───   HEIDRÈ MALGAS 11:21 Wed, 27 Jul 2022

Motoriste gewaarsku om Hertzogville-pad te vermy | News Article
FILE IMAGE

Gemeenskapslede in Hertzogville in die Vrystaat het die strate ingevaar en betoog weens swak dienslewering en die feit dat hulle nou vir meer as 10 dae nie water het nie.

Die DA-raadslid van die Boshof-gebaseerde Tokologo Plaaslike Munisipaliteit, Johan Steenkamp, sê dit is die derde dag wat gemeenskapslede betoog. Die munisipaliteit sluit ook Hertzogville en Dealesville in die Vrystaat in.

Steenkamp sê die betogers het vandag begin om winkels in die gemeenskap te plunder. “Hulle brand bande en het die paaie met brandende bande en klippe toegepak. Die pad tussen Christiana en Hertzogville is toegepak,” het Steenkamp gesê.

Hy het verder bygevoeg dat enige voertuig wat verbyry, met klippe gegooi word.

"Daar is tussen 300 en 500 mense wat aan die betoging deelneem," het Steenkamp vertel.

Motoriste word aangeraai om dié R708-pad tussen Hertzogville en Christiana te vermy. Die SAPD se Onluste-eenheid is op die toneel om die skare onder beheer te kry.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.