On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Drie Noord-Kaapse skole gesluit weens swak infrastruktuur

───   14:19 Tue, 02 Aug 2022

Drie Noord-Kaapse skole gesluit weens swak infrastruktuur | News Article
PHOTO: Wikimedia Commons

Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys het Maandag die sluiting van drie skole in die provinsie aangekondig weens onveilige infrastruktuur.

Die skole sluit in die Hoërskool Kgomotso in Jan Kempdorp, asook die Nico Bekker Laerskool in Williston, en die Hoërskool Hantam in Calvinia.

Die departementele woordvoerder, Geoffrey van der Merwe, sê drie mobiele klaskamers sal Woensdag by die Hoërskool Kgomotso afgelewer word om die behoefte daar aan te spreek. 'n Kontrakteur is ook aangestel om die situasie rakende elektrisiteitsprobleme en gebreekte deure en slotte by die Nico Bekker Laerskool aan te spreek.

Hy voeg by dat vandalisme ’n groot bydraende faktor is wat gelei het tot die sluiting van die skool, en versoek inwoners om eienaarskap van hul skole te neem en skole teen infrastruktuurskade en diefstal te beskerm.

Van der Merwe sê die skool skuld Eskom minstens R70 000, wat die departement ter ondersteuning aan Eskom sal betaal sodat toekomstige probleme afgeweer kan word. Die Hoërskool Hantam in Calvinia bly ook volgens Van der Merwe gesluit, met inhaalprogramme wat ingestel is om te verseker dat leerders die nodige ondersteuning ontvang.

Ingenieurs ondersoek tans die infrastruktuuruitdagings van die skool, met 'n verslag wat daarna aan die LUR vir Onderwys, Zolile Monakale, oorhandig sal word.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.