On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Polisie-operasie lei tot herwinning van swaarvoertuig

───   09:20 Tue, 09 Aug 2022

Polisie-operasie lei tot herwinning van swaarvoertuig | News Article

Operasie #OkaeMalo - wat in Kliprivier, Gauteng, van stapel gestuur is - het gelei tot die herwinning van 'n swaarvoertuig wat in Windserton in die Noord-Kaap gekaap is.

Die operasie het gepaard gegaan met die opsporing van gesoekte verdagtes - waarvan meer as 900 vir verskeie misdade in hegtenis geneem is.

Die voertuig is tydens 'n padblokkade gevind, en twee verdagtes, - 'n 27-jarige vrou en haar 20-jarige metgesel, is in hegtenis geneem.

Die Suid-Afrikaanse polisie se Noord-Kaapse woordvoerder, Mashay Gamaldien, het vroeër gesê dat ‘n goeie verhouding tussen die publiek en die polisie noodsaaklik is in die bekamping van misdaad.

Gamaldien sê verder kriminele elemente wat gemeenskappe teister, sal voor die hof gebring word - en versoek dat mense nie moet stil bly oor misdade wat in hul areas gepleeg word nie.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.