On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Ondersoek na transitorooftog duur voort

───   11:27 Tue, 09 Aug 2022

Ondersoek na transitorooftog duur voort | News Article

Die drie sekuriteitswagte wat beseer is tydens 'n transitorooftog wat Vrydag langs die R31 naby Leratopark plaasgevind het is steeds in die hospitaal.

So sê Mark Barrett, die Hoof Uitvoerende Beampte van SBV Security.

Hy het ook die name bekend gemaak van die veiligheidswagte wat beseer is in die gewapende rooftog - waar plofstof gebruik is om toegang tot die kontant in die veiligheidsvoertuig te kry.

Barrett sê die vragmotor is aangeval deur verskeie verdagtes, wat kragtige wapens en plofstof gebruik het - en dat die drie bemanningslede, Rodger Lekoma, Dipolo Matsumu, en Lougan Andreas steeds mediese behandeling ontvang.

SBV bied 'n R1 miljoen beloning aan vir eniiemand met inligting wat sal lei tot die suksesvolle arrestasie en vervolging van die verdagtes.

Barret sê die maatskappy het alle nodige hulpbronne beskikbaar gestel om die oortreders voor die hof te bring.

Die Suid-Afrikaanse polisie ondersoek sake van transitoroof sowel as moord en poging tot moord.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.