Central SA
Valke ondersoek mensehandel in Noord-Kaap─── 11:51 Tue, 09 Aug 2022
Die Valke se ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad – in samewerking met die Kuruman-blitspatrollie, Motibistad-polisie, sowel as die Departement van Binnelandse Sake - ondersoek ‘n geval van mensehandel in die provinsie.
Valke woordvoerder Tebogo Thebe sê die slagoffers is glo onder valse voorwendsels van Gauteng na Kuruman gelok.
Hy voeg by hulle is na Kuruman gelok met die belofte van opleiding, verblyf en etes, insluitend betaling.
Met hul aankoms was dit egter nie die geval nie, en het voorlopige ondersoeke bevind dat die groep uit 44 persone bestaan, waaronder 9 vroue en 35 mans.
Hulle is suksesvol na Gauteng teruggeneem.
Verder doen die Valke 'n beroep op Suid-Afrikaners om paraat te wees vir sindikate, veral mense wat desperaat is vir werk.
Die ondersoek duur Voort, met inhegtenisnemings wat binnekort verwag word.
Thebe vra ook dat landsburgers enige beloftes of aanbiedinge wat te goed is om waar te wees aan owerhede moet rapporteur, voordat hulle die slagoffers van mensehandelsindikate word wat weerlose persone uitbuit.
OFM-nuus/Roderick Titus
