Central SA
Kommer oor kinders se motoriese vermoë─── 08:44 Wed, 10 Aug 2022
Sponsored08:44 Wed, 10 Aug 2022
Volgens kenners moet ons teruggaan na wat ons nog altyd geweet het om te verseker dat ons kinders se gesondheid nie in die kuberruim verdwyn nie.
Prof. Dané Coetzee is ‘n wêreldbekende navorser en dosent by die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Gesondheidswetenskappe en 'n spesialis in die veld van kinderkinetika en menslike bewegingskunde.
Kinderkinetika is ‘n professie wat poog om die neuro-motoriese ontwikkeling van jong kinders (tussen geboorte en 13 jaar) deur middel van wetenskaplik-gebaseerde fisieke aktiwiteit optimaal te bevorder.
Yolanda Maartens het met prof. Coetzee gepraat oor wat die Noordwes-Universiteit, en spesifiek die Skool vir Menslike Bewegingskunde doen om hierdie probleem aan te spreek.
Luister hier na die onderhoud:
