Central SA
Vrouemaand plaas vrouekwessies in die kollig─── HEIDRÈ MALGAS 15:33 Thu, 11 Aug 2022
Vrouemaand vier vroue, maar gee ook die geleentheid om die kwessies wat vroue daagliks ondervind, aan te spreek.
Sanitêre doekies en higiëneprodukte was nog altyd 'n probleem vir die meeste vroue en meisies in minderbevoorregte gemeenskappe.
Die Uitvoerende Hoof van die Agripreneur boere-instituut, Clement Makeba, het sy inisiatief van stapel gestuur om 'n sanitêre doekies en toiletware te skenk. Hy het 'n dames sokkerspan, netbalspan, 'n perdryspan en jong dansers na die oorhandiging in Botshabelo genooi.
“Al die vroulike deelnemers was begunstigdes van al die skenkings. Ek glo aangesien kondome oral toeganklik is indien dit jou keuse is om seks te hê, moet vroulike benodigdhede ook vrylik toeganklik wees vir diegene wat dit nodig het,” het hy gesê.
Hy het verder bygevoeg dat menstruasie nie 'n keuse is nie en dit versteur klasbywoning van sommige van die studente en jong meisies wat nie fondse het om sanitêre doekies te koop nie. Hulle woon nie skool of klas by as dit daardie tyd van die maand is nie. "So nou samel ek sanitêre doekies en ander vroulike benodigdhede in as skenkings en gee dit vrylik aan diegene wat in nood is," het hy gesê.
"Ons het 60 pakke sanitêre doekies, asook andere higiëneprodukte, aan vroulike sokkerspanne geskenk; 30 pakke aan die netbalspan; en 15 pakke aan jong vroulike dansers," het Makeba bygevoeg.
Hy het gesê dat dit die eerste keer was dat die instituut die inisiatief "Bring die glimlagte terug" van stapel gestuur het. Vroue wat sanitêre handdoeke benodig, kan hulle kontak.
OFM-nuus
