Central SA
Winter duidelik nog nie verby─── 11:22 Mon, 15 Aug 2022
Inwoners van Sentraal Suid-Afrika kan nog nie die winter vaarwel roep nie aangesien nóg 'n koue front tans deur die land beweeg, met koue weer wat in die sentrale binneland van Suid-Afrika verwag word.
Volgens Quinton Jacobs, Senior Weervoorspeller van Weather SA, sal reën moontlik in die suidelike dele van die Vrystaat en die Noord-Kaap val, met sneeu wat by die Maloti-berge verwag kan word.
Jacobs het verder bygevoeg dat ná dié koue fronte, normale weer vir dié seisoen verwag kan word.
