On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

3 Moets vir blomkyk - FOTOGALLERY

───   08:21 Tue, 23 Aug 2022

3 Moets vir blomkyk - FOTOGALLERY | News Article
FOTO'S: Namakwa Toere

Met die naderende lente ‘ontplof’ die gewoonlik dor Namakwalandse landskap in 'n blitsvloed van lewendige lappe kleurvolle veldblomme, en toeriste stroom reeds ywerig na hierdie pragvelde.

Blomkykers het egter net tot middel September om hierdie Noord-Kaapse natuurerfenis ten volle te beleef.

“Daar is streke wat by die dag mooier word, aangesien Namakwaland 'n besonder goeie reënseisoen gehad het,” sê Mike Spies van Namakwa Toere.

Hy bied die volgende raad om die beste van jou blombesigtigingstoer te maak:

1. Pas aan by weerstoestande en beplan jou reise daarvolgens, aangesien die blomme nie in reënerige of slegte weer oopmaak nie. Die beste tyd om die blomme te sien is dus op jou warmste dae.

2. Let op die tyd. Die blomme is voor 11:00 nog besig om oop te maak, en gaan weer toe tussen 15:00 en 16:00.

3. Die roete wat jy gaan volg, is uiters belangrik. Verkieslik moet jy van Noord na Suid reis, met die son agter jou sodat jy die blomme behoorlik kan sien.

“Klein dorpe soos Nababeep, Carolusberg, tussen Okiep en Concordia, en ander omliggende gebiede is gewoonlik gewild vir hul mooi blomme. Beplan jou toer of jou reis so dat jy na plekke gaan wat daardie tydperk die beste blomme het. As jy in ’n noordelike rigting ry, sal jy nie die blomme sien nie, want die blomme kyk na die son,” verduidelik Spies.


LEES OOK: Peak of Namaqua's flower season is approaching 

Elke jaar kry die Namakwa-distrik gewoonlik rondom middel Julie tot middel September blomme, met vanjaar se blomme wat na verwagting selfs beter sal lyk as in 2021, wat plaaslike inwoners as die beste sedert 2006 beskou.

Die blomseisoen het egter vroeg in sommige gebiede begin. Maar, volgens Spies, in vergelyking met die verlede, kan dit dalk ook ‘n bietjie langer aanhou.

Intussen berig OFM-nuus se Roderick Titus dat meer as 3 000 spesies blomme endemies aan die Namakwa Nasionale Park is.

Sanparke se woordvoerder, Genevieve Maasdorp, het aan hom vertel dat daar gedurende 1 - 16 Augustus 2022, 891 toeriste die park besoek het.

Spies vertel verder dat die jaarlikse blomseisoen ook die Namakwalandse ekonomie ’n hupstoot gegee het en die oplewing in toerisme het dus tot die herstel van die streek se toerismebedryf gelei.

Sou toeriste vind dat hulle weens koue weer nie die blomme kan sien nie, moet hulle nie bekommer nie, want daar is ook ander natuurwonders om in Namakwa te besigtig.

Spies verwys na die kokerboomwoude in Nieuwoudtville en die Kamiesberge.


Hy maan egter om te voorkom dat toeriste die gebied teleurgesteld verlaat, is dit wys om by toerismekantore of -sentrums navraag te doen oor die beste plekke en tye om die blomme te besigtig.



OFM-nuus/Bambatha Giko

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.