On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Miniatuur-replikas vir goeie doel verruil

───   10:39 Thu, 01 Sep 2022

Miniatuur-replikas vir goeie doel verruil | News Article
FOTO: Verskaf

Die Checkers Little Shop 3 se miniatuur-replikas van kruideniersware het baie mense op hol, maar indien jy nie kinders het nie of jou kinders veel ouer is, wat dan gemaak?

Die Bloemfonteiner Irene Gouws-Prinsloo het besluit om dit vir ‘n goeie doel te versamel en te ruil vir ‘n blikkie of sakkie kos vir ‘n diertjie in nood. Die idee het oorspronklik in Centurion ontstaan met ‘n dame wat dié miniatuur replikas vir nie-bederfbare kos verruil, om sodoende mense wat minder bevoorreg is te help.

Bloemfontein Courant berig Gouws-Prinsloo het egter die idee haar eie gemaak en besluit om haar miniatuur replikas te verruil om die Dierebeskermingsvereniging te help. Sy verduidelik die idee het groot aftrek gekry en amper al haar miniatuur-replikas is die eerste dag reeds geneem.

“Daar was ongelukkig ‘n beperkte voorraad.” Mense se harte en hande het egter oopgegaan en hulle het nog miniatuur-replikas geskenk om aangewend te word vir ekstra kos vir die diere.

Mense het oulike kos geskenk en gegee. “So 40 blikkies nat kos en 4 sakke droe honde- en katkos is ingesamel. Daarvoor is ek baie dankbaar.”

Die goeie idee het sommer ook oorgespoel na ‘n vriendin van haar in Edenvale wat nou dieselfde idee daar gaan toets om daardie plaaslike DBV by te staan.

Bloemfontein Courant/Jeretha Oosthuizen

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.