Central SA
Christiana-wedloop ‘n eerste langs die Vaalrivier─── HEIDRÈ MALGAS 15:28 Thu, 01 Sep 2022
Die Titans Chase Adventure-reeks word aangebied vir gesinne en vriende wat graag wil wegkom van hul alledaagse stadsroetine en 'n naweek in die natuur wil deurbring, asook om gesonde oefening te kry wat ons liggame so nodig het.
Christiana-wedloop ‘n eerste langs die Vaalrivier
Die Titans Chase Adventure-reeks word aangebied vir gesinne en vriende wat graag wil wegkom van hul alledaagse stadsroetine en 'n naweek in die natuur wil deurbring, asook om gesonde oefening te kry wat ons liggame so nodig het.
Hooforganiseerder van die wedloop, Ian Smit, sê dit is die eerste wedloop in die reeks is en dat dit langs die Vaalrivier in Christiana aangebied sal word.
Smit sê hierdie wedloop is vir hulle baie belangrik omdat hulle die geleentheid skep vir die gemiddelde ou op straat om werklike mylpale in sy/haar lewe te bereik.
“Ons wil ook hê dat Christiana die voorbeeldige dorp van Suid-Afrika moet wees. Die Titans Chase is 'n hindernisbaan wedloop (OCR) wat bedoel is om 'n fisieke uitdaging te wees.
Ons sal egter ook die gemeenskap betrek om Christiana te help om hulself te help om die maatskaplike euwels wat die dorp geteister het, te bowe te kom omdat hulle dikwels agtergelaat is in terme van hulpbronne, dienste en ondersteuning,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat die wedloop bedoel is om mense na die klein gemeenskap van Christiana te lok en om plaaslike inwoners 'n kans te gee om die gaping in die mark raak te sien om hulself en die dorp te laat groei.
“Hindernisbaanr wedloop is 'n groeiende kultuur in die moderne samelewing en ons wil seker maak dat atlete in die kleiner dorpe van Suid-Afrika ook 'n kans kry om plaaslik deel te neem as net aan die konvensionele grotes in die stede. 'n Familie-wegbreek. Familie-tyd saam. Opheffing van klein dorpies. En om Christiana en dit wat die pragtige Vaalrivier bied, weer op die kaart kry,” het hy bygevoeg.
Hy het bygevoeg dat hulle die wedloop só opgestel het dat die ernstige atlete eerste begin en daarna spanne en ander individue kans kry om deel te neem, en die tweede fase is meer gefokus op families, vriende en spanboubesighede wat die hindernisbaan ter ondersteuning van mekaar aanpak. Daar sal ook 'n 5km hindernisroete wees waaraan kinders kan deelneem met die hulp van hul ouers.
Daar is kontantpryse sowel as gratis toegangskoepons vir die volgende wedloop. Dit vind op 17 September 2022 in Christiana by die venue Oewerkuier plaas.
