Central SA
Man dood op Naval Hill gevind─── HEIDRÈ MALGAS 07:07 Sun, 04 Sep 2022
Die liggaam van ’n ongeïdentifiseerde man is Saterdag by die Franklin-natuurreservaat op Navel Hill in Bloemfontein gevind.
Volgens VR Medical Emergency Services is verskeie nooddienste Saterdagmiddag na die toneel ontbied waar die liggaam deur 'n lid van die publiek ontdek is.
“By hul aankoms het spanne die oorledene aan die kant van die heuwel gevind.”
Die toneel is aan Parkweg polisielede oorhandig vir verdere ondersoeke na die oorsaak van die dood en die persoon se identiteit.
