On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Onwettige mynbedrywighede geniet aandag - Mantashe

───   15:45 Tue, 13 Sep 2022

Onwettige mynbedrywighede geniet aandag - Mantashe | News Article
Die Minister van Minerale Hulpbronne, Gwede Manthashe. PHOTO: GCIS

Die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Minerale Hulpbronne en Energie het ’n oorsigbesoek aan myngemeenskappe in die Noord-Kaap, sowel as die Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Noordwes en Mpumalanga gebring.

Dit, aangesien onwettige mynbedrywighede en misdaad ongekende afmetings aanneem. Die Minister van Minerale Hulpbronne, Gwede Mantashe, het op ’n vraag in die Parlement gesê die polisie gaan binnekort sy taakspan vir ekonomiese infrastruktuur bekendstel.

Mantashe het gereageer op 'n vraag deur die EFF se Makosini Chabangu. Dit volg nadat die komitee ’n verslag oor toestande in myngemeenskappe vrygestel het.

In die Noord-Kaap se Namakwa-streek het die polisie onlangs 95 onwettige immigrante in hegtenis geneem by onder meer die Nuttabooi-myn asook Kleinzee – waar onwettige diamantontginning tans hoogty vier.

Die parlementêre portefeuljekomitee het intussen ook ná die besoek aan die Departement van Binnelandse Sake verslag gedoen oor die aantal ongedokumenteerde buitelanders van Zimbabwe, Lesotho, Mosambiek, asook die Kongo en Nigerië, wat glo by onwettige aktiwiteite betrokke is.

In reaksie het Mantashe gesê forums teen misdaadbekamping en onwettige mynbou sal in die geaffekteerde gebiede gevestig word.

Hy sê die terrorisering van gemeenskappe en misdaad – wat kabeldiefstal en skade aan infrastruktuur insluit – geniet aandag.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.