On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

#JagersfonteinDisaster: DBV benodig hulp met diere

───   HEIDRÈ MALGAS 13:59 Fri, 16 Sep 2022

#JagersfonteinDisaster: DBV benodig hulp met diere | News Article

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is steeds hard aan die werk in Jagersfontein in ’n poging om al die diere wat in die ramp vasgekeer is te red.

Hoofinspekteur vir die DBV in Bloemfontein, Reinette Meyer, sê benewens die 568 diere wat hulle sedert Sondag gered het, het hulle net Donderdag 'n bykomende 30 of meer diere gered.

Die Bloemfontein-, Virginia- en Kimberley-takke van die DBV het almal ingespring om die diere uit die modder te help red.

LEES OOK: DBV red diere uit modder - FOTO'S

“Gister ek ons ‘n geval gehad van ‘n kat wat op ‘n dak vasgekeer was. Hy wou nie afkom nie want dan was hy in die modder,” het sy gesê.

Sy vertel dat hulle tans oor die 600 diere uit Jagersfontein gered het. Hierdie diere is by die DBV in Bloemfontein, maar ongelukkig het baie van die hoenders dit nie gemaak nie omdat hulle te veel van die modder ingesluk het.

“Ons grootste behoefte was sjampoe, maar ons het baie van maatskappye gekry, so ons is redelik reg met sjampoe,” sê Meyer.

Sy vertel verder dat, soos wat hulle die diere by die DBV aanbring, hulle gewas moet word.

“Ons grootste behoefte nou is hondekos. Ons het redelik baie katkos gekry, so hondekos is ‘n baie groot probleem vir ons op die oomblik,” sê sy.

As die publiek hondekos kan skenk, sal dit waardeer word. As dit moeilik is, kan hulle donasies maak op die DBV-webblad of hulle kan 'n sms stuur na 42646 met "Bloemspca". 'n SMS kos R30.

Sy sê verder dat meer as 300 hoenders dit nie gemaak het nie en dat die DBV in hierdie stadium genoeg plek het vir al die diere.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.