Central SA
Sol Plaatje-voorman doodgeskiet─── 11:17 Sat, 17 Sep 2022
’n Lid van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond (SAMWU) en voorman by die Sol Plaatje-munisipaliteit, Japhta Louw, se dood word ondersoek.
Dit, nadat hy Vrydag buite sy huis in Jacksonville, Roodepan, doodgeskiet is.
Volgens inligting is verskeie skote afgevuur. Louw was tydens die voorval aan diens. Na verneem word, het Louw onlangs kabeldiefstal by sy vakbond aangemeld, wat gevra het dat die polisie alles moontlik moet doen om sy moordverdagtes in hegtenis te neem.
Die kabeldiefstal wat Louw aangemeld het, het na bewering munisipale werkers betrek.
Munisipale woordvoerder Thoko Riet sê hulle laat die polisie toe om ondersoek in te stel en betreur die skietdood van Louw.
OFM-nuus/Roderick Titus
