On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Oliewenhuis wil mense op Erfenisdag byeenbring

───   HEIDRÈ MALGAS 12:57 Wed, 21 Sep 2022

Oliewenhuis wil mense op Erfenisdag byeenbring | News Article
PHOTO: Heidrè Malgas

Oliewenhuis gaan Saterdag 24 September Erfenisdag vier waar families en vriende bymekaar kan kom om 'n gratis geleentheid te geniet wat almal insluit.

Volgens Ester le Roux, Kurator vir Oliewenhuis, sal daar hope aktiwiteite vir oud en jonk wees om te geniet.

Daar sal musikale vermaak wees met stalletjies wat eetgoed en veel meer verversings sal verkoop. Besoekers word aangemoedig om 'n piekniekkombers en kampstoele saam te bring en hul aankope te geniet.

Sy het bygevoeg dat die African Carousel-ritte ook gratis sal wees, asook inkleurstasies en verskeie ander aktiwiteite vir kinders.

Die Nasionale Museum se Departement van Ornitologie bied vanaf 07:00 tot 10:00 'n inligtingsessie aan oor hoe en hoekom voëls gering word.

Vanaf 09:00 tot 16:00 sal daar musiek en stalletjies in die agtertuin wees vir almal wat die dag bywoon.

Le Roux het verder bygevoeg dat daar ook uitstallings by die Oliewenhuis-kunsmuseum sal wees, wat die 33ste jaarlikse Sophia Gray Memorial uitstalling en The Power of Representation uitstalling sal insluit.

Sy sê die museum wil mense bymekaar bring om 'n dag vol aktiwiteite en die fantastiese uitstallings wat hulle gaan aanbied te geniet. Toegang is gratis.

OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.