On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

1 300 kinders in Sentraal Suid-Afrika kry voeding

───   HEIDRÈ MALGAS 05:00 Thu, 22 Sep 2022

1 300 kinders in Sentraal Suid-Afrika kry voeding | News Article

Tiger Brands het ’n multimiljoenrand-inisiatief van stapel gestuur om kindervoeding in gesinne met voedselonsekerheid regoor Suid-Afrika te verbeter, met inwoners van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes wat van die begunstigdes is.

Luidens ’n verklaring deur Tiger Brands sal 10 000 kwesbare kinders in die land van vyf jaar en jonger by hierdie inisiatief baat en 1 300 in Sentraal-Suid-Afrika.

Die inisiatief, genaamd Isondlo-kindervoeding, is in vennootskap met Nelson Mandela Kinderfonds geïmplementeer.

Die aantal hongerverwante sterftes onder kinders van vyf jaar en jonger is aan die toeneem in Suid-Afrika. Honderde kinders in hierdie ouderdomsgroep het beswyk as gevolg van wanvoeding en honger met die grootste bydraende faktore wat armoede en gebrek aan huishoudelike voedselsekuriteit is.

Die verklaring lui dat Tiger Brands die voedingsprogram teen 'n koste van R42 miljoen begin het. Die inisiatief sal 10 000 kinders van vyf jaar en jonger, en hul gesinne, wat voedselonseker is, ondersteun met 'n maandelikse kospakkie vir 'n tydperk van 9 maande.

Volgens Werna Oberholzer, Direkteur van Korporatiewe Kommunikasie by Tiger Brands, is honger ‘n daaglikse uitdaging vir byna 12 miljoen mense in Suid-Afrika en ons jong kinders is die kwesbaarste.

“Die maandlikse kospakkie is spesifiek ontwerp om aan die voedingsbehoeftes in die ouderdomsgroep onder 5 jaar voorsien en kan ook ‘n gesin van 4-5 individue ondersteun op ‘n maandelikse basis,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat in Sentraal Suid-Afrika, 1 300 kinders in die ouderdomsgroep 5 jaar en jonger, en ook hulle gesinne, by die inisiatief baat.

“As Tiger Brands sien ons dit as ‘n morele verpligting om ‘n verskil te maak in die verbetering van voedselsekuriteit in ons gemeenskappe en ons glo dat ons kinders sal bepaal hoe ‘n toekomstige Suid-Afrika lyk,” het Oberholzer verder gesê.

Benewens die maandelikse kospakkies, sal elke gesin 'n eenmalige groentetuinbeginstel ontvang. Dit strook ook met die Nelson Mandela Kinderfonds se volhoubare lewensbestaanprogram wat die armoedekwessies van die gemeenskappe waar kinders geleë is, aanspreek.

Tiger Brands het 'n vennootskap met die Nelson Mandela Kinderfonds aangegaan as 'n bemagtigende vennoot met die hulpbronne en nasionale reikwydte wat nodig is om die program te implementeer. Die organisasie het vinnig 19 voetsoolvlak-geïmplementerende NRO's in 17 distrikte regoor die land aan boord gebring om te help met die identifisering van gesinne wat onseker oor voedsel is.

Oberholzer vertel verder dat hulle graag wil bydra tot die skep van ‘n toekoms waar daar geen honger kinders is nie en ‘n toekoms waarin kinders weer tot hulle volle potensiaal kan ontwikkel omdat Tiger Brands gesamentlik opgetree het toe die kinders jonk was en hulle die hulp nodig gehad het.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.