Central SA
Publiek wil groot katte beskerm - navorsing─── HEIDRÈ MALGAS 05:00 Tue, 27 Sep 2022
Suid-Afrikaanse respondente van 'n opname, in opdrag van die dierewelsynsorganisasie, FOUR PAWS, sê groot katte moet beter deur die land se wette en regulasies beskerm word.
Volgens Elize Parker, mediabeampte vir FOUR PAWS, is daar groot steun onder die duisend respondente dat die regering nie-inheemse grootkatspesies, soos tiere in aanhouding in Suid-Afrika, by die komende wetgewing moet insluit om aanhouding te verbied.
Sy het bygevoeg dat FOUR PAWS die navorsers opdrag gegee het dat die doel is om meer uit te vind oor bewusmaking en besoeke aan gehokte teëlgeriewe en plase, bewustheid van grootkatte se private eienaarskap, en voornemende ondersteuning vir wetsveranderings wat aangebring moet word. In Suid-Afrika teel en hou meer as 300 gevange wildgeriewe na raming 12 000 leeus, 'n onbekende aantal tiere, asook jagluiperds, luiperds en nie-inheemse jaguars aan.
Direkteur van FOUR PAWS in Suid-Afrika, Fiona Miles, sê as gevolg van die vraag na kommersiële handel vind intensiewe teling en inteling op baie van hierdie plase plaas, wat lei tot gesondheidskwessies en fisiese misvormings by die welpies, wat dikwels gedwing word om deel te neem aan toeriste-aktiwiteite - om getroetel te word of bottel te drink - vir vermaak.

Verder sê Parker wat vir hulle altyd baie belangrik is, is om die publiek saam met FOUR PAWS te neem, en ook om met die publiek te werk en om die begrip te vestig van wat hulle van groot katte dink. Die goeie nuus is dat meer as 90% van die 1000 respondente van die opname gesê het dat groot katte soos leeus, tiere en luiperde beskerm moet word deur wetgewing.
Die ander goeie nuus is is dat daar nog baie mense is wat gesê het hulle verkies om die groot katte in die natuur te sien.
“Wat vir ons baie belangrik is, is dat die opname gewys het dat daar nog nie genoeg opvoeding is in terme van geriewe waarna mense toe na kan gaan waar daar geen uitbuiting is as hulle na groot katte wil gaan kyk nie,” het Parker vertel.
Die opname het ook gefokus op tiere in aanhouding in Suid-Afrika en het bevind een uit elke twee mense is nie bewus daarvan dat daar met tiere in Suid-Afrika geboer word nie. Altesaam 46% van die opnamegroep het die welpies van leeus, tiere, jaguars en luiperds tydens besoeke aangeraak, daarmee gespeel of gevoed. Meer as 60% stem saam dat tiere nie op private eiendom aangehou of as troeteldiere aangehou moet word nie.

Die opname is gedoen deur 'n aanlyn-navorsingspaneel met 'n steekproefgrootte van 'n duisend Suid-Afrikaanse respondente. Die respondentprofiel was die algemene Suid-Afrikaanse bevolking van 18 jaar en ouer met 78% van die groep wat ouers of voogde was.
