On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Jong vrou van Noordwes wreed vermoor

───   HEIDRÈ MALGAS 13:29 Wed, 28 Sep 2022

Jong vrou van Noordwes wreed vermoor | News Article

'n Jong vrou, Malebo Mosimaneeng, van Stilfontein in Noordwes is wreed vermoor deur 'n verdagte wat glo haar kêrel is.

Die ANC-vroueliga in die provinsie het hul innige meegevoel aan die familie en mense van die gebied gestuur. In 'n verklaring wat deur die vroueliga uitgereik is, doen hulle 'n beroep op die administrateurs van geregtigheid om te verseker dat wie ook al verantwoordelik is vir hierdie sinnelose moord op Malebo, die maksimum straf sal ontvang.

Verder sê ANCWL NW PTT-koördineerder, Phemelo Lobelo, dat die Klerksdorp-polisie 'n moordsaak ondersoek nadat Malebo se lyk ontdek is. Die verdagte, wat glo haar kêrel is, is in polisie-aanhouding en het Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn.

“Malebo het haar huis verlaat om werk te gaan soek om haar gesin uit armoede te probeer lig. Sy was 'n intelligente jong vrou en haar gesin het gehoop sy sou 'n inkomste verdien en die situasie in haar verarmde huishouding verbeter, geheel en al afhanklik van toelaes vir oorlewing,” het Lobelo gesê.

Lobelo het bygevoeg dat die wrede moord op vroue en meisies onverpoosd in ons provinsie en die land voortduur. Die laaste polisieverslag het 'n kommerwekkende prentjie geskets met 'n meer as 4 000 meer ('m byna 55%-toename) in kontakmisdade teen vroue.

Die vroueliga doen 'n beroep op die administrateurs van geregtigheid om te verseker dat wie ook al verantwoordelik is vir hierdie sinnelose moord op Malebo, met die swaarste straf wat daar is, deur die hof gestraf word.

“Ons doen ook 'n beroep op die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in die provinsie om 'n helpende hand na die familie uit te reik om te verseker dat daar met waardigheid van Malebo afskeid geneem word, want sy verdien dit, en dat haar gesin hartlik vertroos en versorg sal word.”

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.