Central SA
Eerste historiese Namakwalandse toneelstuk op Vrystaat Kunstefees te sien─── 10:33 Tue, 04 Oct 2022
Die Vrystaat Kunstefees bied die eerste verhaal ooit oor 'n vryheidsvegter van Springbok, Namakwaland, in die Noord-Kaap - "Ellie" Cloete, wat tydens die kolonialisasie deur Britse indringers teen grondonteiening geveg het.
Volgens Richie Cloete van Kookhuis Creatives, is die stuk gebaseer op 'n ware verhaal. Die stuk gaan oor die vertel van die ware geskiedenis van Springbok en dat die Cloetes die regmatige eienaars van Springbok was, voordat die dorp gekolonaliseer is.
“Sy het die eerste optog in die geskiedenis van Suid-Afrika gelei. In 1912 het sy en 60 vroue uit O’kiep na die magistraatkantore gemarch om te fight teen hierdie onderdrukking en om kos op die tafel te kry want mense het daardie tyd swaar gekry,” voeg Cloete by.
Die toneelstuk is vandag (Dinsdag), sowel as op 5 Oktober 2022, op die Vrystaat Kunstefees, wat by die Universiteit van die Vrystaat plaasvind, te sien.
