On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Onderwysers word vandag wêreldwyd vereer

───   HEIDRÈ MALGAS 15:45 Wed, 05 Oct 2022

Onderwysers word vandag wêreldwyd vereer | News Article

Vandag word Wêreldonderwyserdag wêreldwyd gevier en die Nasionale Vereniging van Skoolbeheerliggame (NASGB) haal vandag hul hoedens af vir al die onderwysers oor die wêreld heen.

Die NASGB sluit aan by talle organisasies en regerings om onderwysers die beste toe te wens op hierdie dag.

“As ’n opvoeder oes ek lewens wat groei en dit beteken ek is ’n aanjaer van potensiaal. My lewe is daaraan gewy om 'n bouer van nasies te wees. Vandag het ek wakker geword en teruggedink aan my belangstelling in die onderwysveld. Ek het dit gedoen omdat ek leerders wil vestig en hulle wil help met 'n balans terwyl hulle deur die lewe stuur,” het Zanele Ntseto, wat ’n onderwyser is, gesê.

Sy het bygevoeg dat haar gelukkige plek in die klaskamer is, waar sy kan sien hoe leerders die beste weergawes van hulself is.

“Een vlammetjie kan verandering bring en ek is hier om my passie te deel, al is dit een leerder. Daar sal verandering wees,” het Ntseto gesê.

Waylen Cicilie, wat al amper twee jaar onderwyser is, het gesê dat Wêreldonderwyserdag dag eintlik elke dag gevier moet word, en as ‘n onderwyser kan hy met oortuiging sê dat onderwys  die belangrikste beroep is, want dit is die beroep wat alle ander beroepe vorm.

“Om een dag uit te sit in die jaar vir onderwysers is wonderlik, maar ek is seker baie onderwysers sal saamstem dat elke liewe dag Wêreldonderwyserdag is,” voeg Cicilie by.

Danielle Steenkamp, wat ‘n onderwyser in die laeveld is, vertel om ‘n onderwyser te wees beteken vir haar om op ‘n daglikse basis ‘n verskil te maak in die lewens van jong mense, "waar ons hulle talente ontwikkel".

“Daar is min dinge so bevredigend as om te weet ek het ‘n leerder gehelp om sukses te behaal,” sê Steenkamp.

Verder sê die NASGB dat hulle onderwysers bedank dat hulle aanhou hard werk met passie en toewyding sodat almal gerus kan wees dat hulle kinders in bekwame en professionele hande is.

Hulle voeg ook by onderwysers het groot veerkragtigheid getoon tydens die uitdagings van die afgelope paar jaar, en met die aanbreek van die pandemie hou hulle die vuur aan die brand.

“Op hierdie belangrike dag bedank ek jou vir al die werk wat jy gedoen het om die gedagtes van leerders te help vorm. Ek waardeer dat jou leiding en jou lewenslesse,” het die LUR van Onderwys in die Vrystaat, Tate Makgoe, gesê.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.