Central SA
Internasionale baadjie vir Senwes Toekomsfokusdag─── 11:24 Fri, 07 Oct 2022
Sponsored11:24 Fri, 07 Oct 2022
"Die gras lyk groener, maar word die beeste vet?" Dit is die vraag wat tydens vanjaar se Senwes Toekomsfokusdag op 11 Oktober 2022 gevra sal word.
Verskeie nasionale en internasionale produsente sal hul stemme tot dié gesprek voeg en sal saam gesels oor boerdery in 'n kompeterende wêreld. Produsente van onder meer die Verenigde State van Amerika, Kanada, Duitsland en Argentinië sal aan die gesprekke deelneem.
Die dag word aangebied in samewerking met Graan SA, Nasie in Gesprek (NIG), Agri NW en Vrystaat Landbou en die gesprekke sal deur Jaco Minnaar, president van Agri SA, gefasiliteer word.
Belangstellendes wat die dag wil bywoon word aangemoedig om aanlyn te registreer deur van die volgende skakel gebruik te maak: bit.ly/FutureFocusDay. Almal wat voor die geleentheid op hierdie manier registreer, sal in aanmerking kom vir 'n gelukstrekking vir 'n vakansie in Zanzibar, ter waarde van R30 000. Graan SA het ook 'n prys op die spel vir persone wat hul aanlyn handelsmerkmeningspeiling voltooi: surveymonkey.com/r/6CD6NY8
Die koste verbonde aan die dag is R100 per persoon, wat 'n spitbraai insluit, en is betaalbaar op die dag. Registrasie, vir diegene wat nie aanlyn kan registreer nie, begin om 08:00 op die dag. Vir meer inligting, besoek Senwes se sosiale media, of skakel die Senwes se bemarkingsafdeling by 018 464 7800.
Jaco de Waal het met Jaco Minnaar, president van Agri SA, gepraat oor Toekomsfokusdag. Luister hier:
=
