Central SA
Nóg ‘n Jagersfontein-rampslagoffer ter ruste gelê─── HEIDRÈ MALGAS 13:20 Sat, 08 Oct 2022
Die jongste slagoffer in die Jagersfontein-myndamramp word vandag ter ruste gelê nadat hy by 'n rivier, 15 km van die dorp, gevind is.
Die slagoffer is geïdentifiseer as Shadrach Williams (77), en hy is die tweede oudste kind uit nege kinders, waarvan vier reeds oorlede is.
LEES OOK: #BreakingNews: #JagersfonteinDisaster’s death toll increases
OFM-nuus het vroeër berig dat die liggaam van ‘n man op Vrydag 30 September, sowat 15 km vanaf Jagersfontein, op 'n rivieroewer by 'n plaas gevind is. Die ontdekking volg ná 'n intensiewe soektog deur onder meer die mediese nooddienste-personeel.
Die ramp van 11 September 2022 het talle beseer, en meer as 200 mense haweloos gelaat.
LEES OOK: Family of Jagersfontein mine disaster gutted
OFM-nuus het ook berig dat die oorledene se broer se kind, Mosala Shadrack Williams (48), vernoem na Shadrack Williams, aan OFM-nuus gesê het dat ondanks die feit dat hulle verlig en dankbaar is vir die ontdekking van die liggaam, bly hulle hartseer.
Mosala sê hy was deel van die groep familielede wat die oorledene uitgeken het by die staatslykshuis in Bloemfontein op Dinsdag 4 Oktober 2022. Hy sê die oorledene is uitgeken deur 'n gestreepte T-hemp wat hy op die dag van die modderstortingsramp gedra het.
Meer as 100 huise is gedurende die ramp vernietig.
LEES OOK: Search and recovery continue for last missing person at Jagersfontein
Williams is een van twee inwoners wat weens die myndamramp oorlede is. Dit, terwyl nog 'n persoon stééds vermis word.
Williams het sy skoolloopbaan in Jagersfontein by Jagersfontein Primêr voltooi en is 'n voormalige werknemer by die Kopanong Plaaslike Munisipaliteit.
LEES OOK: Houses, cars swept away by strong stream of water in Free State town | WATCH
Daar is tydens sy lewensgedenkdiens onthul dat Williams aan siektes gely het wat gepaard gaan met ouderdom, maar dat hy nog kon loop tot die modder hom weggeneem het op 11 September 2022.
